Time & attendance

Activity monitoring

Payroll

Die Broers van Bardamia Boerdery

brothers smiling of bardamia farm

Die Broers van Bardamia Boerdery

Die Bardamia Boerdery is ‘n sprekende voorbeeld van hoe om biodiversiteit te gebruik om jou onderneming se stukrag teen klimaatsverandering en ander eksterne faktore te beskerm, en jou plaas se volhoubaarheid te verseker.

Die familie Engelbrecht

Die plaas Bardamia in Mpumalanga, 40km buitekant Nelspruit is ‘n familie-onderneming wat sedert 1987 aan die Engelbrechts behoort en bestuur word. Die twee seuns Gerrit, 29, en Kabous, 27, het sedertien ook tot die plaasbedrwye toegetree waar Gerrit tans die finansiële bestuur hanteer terwyl Kabous vir die plaas se algemene bestuur verantwoordelik is.

Die plaas en sy bedrywe

Tussen 1987, toe die Engelbrechts die plaas gekoop het, en 2001, het die familie slegs met kontantgewasse geboer. Makadamiabome is aangeplant in 2001 en in 2015 is die bedrywe verder uitgebrei om ook sitrusboorde in te sluit.

Volgens Kabous was die besluit om te diversifiseer grootliks ‘n gevolg van die verskillende temperatuursones op die plaas. Deur sitrus in sones aan te plant waar Makadamiabome nie goed aard nie, kon hulle terselfdertyd aan die reuse sitrusmark voorsien. Om verder met die kontantvloei te help word daar boonop op elke uitvalhoekie van die plaas steeds met kontantgewasse geboer, wat daarop neerkom dat elke stukkie grond op die plaas doeltreffend aangewend word.

‘Boereraad’

Die Engelbrecht broers het elk unieke werkswyses, belangstellings en motiverings wat hulle saam tot voordeel van die familie-onderneming en die groter gemeenskap aanwend.

Gerrit

: “Takers eat better, but givers sleep better”

Covid het ook hier en daar ‘n paar positiewe aspekte tot gevolg gehad want toe die hele gesin plaas toe is om inperking daar te spandeer, het die oudste Engelbrecht seun die besluit geneem om voltyds by die familiebedryf betrokke te raak. Om in die natuur te wees en meer buigsaamheid in sy skedule te hê was verdere motiverings wat Gerrit in 2021 finaal laat besluit het om plaas toe te trek.

As ‘n jong pa en getroud met ‘n onderwyseres van Nelspruit, het Gerrit se siviele ingenieurswese graad wat hy aan UP verwerf het, tesame met ‘n paar jaar se ondervinding in konstruksie projekbestuur, goed te pas gekom. Met sy agtergrond is dit sy taak as finansiële bestuurder om na die finansiële beplanning, begroting en die monitering van uitgawes om te sien.

Op die oomblik is die pryse van makadamias en sitrus laer as verwag terwyl die pryse van diesel, chemikalieë en kunsmis aanhou styg. Selfs met die goeie grondgehalte wat uit die diversifisering van gewasse spruit, forseer dit die Engelbrechts om noukeurige bestuur van enige uitgawes en opbrengste toe te pas. In hierdie opsig is die data wat deur die Agrigistics toepassing gegenereer word baie handig deurdat Gerrit die ingligting kan gebruik vir monitering en finansiële beplanning. Hy gebruik byvoorbeeld die data om die uitgawes van chemikalieë en kunsmis per hektaar te bereken en fyn dop te hou. Die eenvoud van die sisteem stel hom ook in staat om die boerdery bedrywighede van enige plek af te monitor.

Gedurende die afgelope drie jaar het hy veral moeite gedoen om ‘n databasis te skep waar hy deurlopend die inkomste en uitgawes kan monitor en analiseer. Dit lei tot die neem van meer ingeligte besluite.

Op hul plaas is die Engelbrechts se medium-termyn doelwit om vertikaal te boer, d.w.s. om die bestaande bedrywe te optimiseer voordat daar meer grond aangekoop word.

Gerrit meen dat sy uitkyk op die lewe en hoe hy dinge op die plaas aanpak in ‘n groot mate beïnvloed is deur die manier waarop hulle grootgeword het en van boerdery geleer het. ‘n Plakkaat in sy ouers se huis wat sy lewensuitkyk raak opsom is: “Takers eat better, but givers sleep better”.

Kabous

: “Om te meet is om te weet”

Die 27-jarige Kabous het van kleins af geweet hy wil boer. Dus het hy direk nadat hy in 2017 sy studies aan Elsenburg Landbou Kollege in Stellenbosch voltooi het teruggekeer na die plaas om die boerdery bedrywe by sy ma oor te neem. Daar sien hy om na die algemene bestuur van die plaas, wat insluit die werksverdeling van die arbeidsmag en om hierdie werksaamhede te laat aansluit by die oorkoepelende doelwitte van die boerdery.

In hierdie opsig is veral die beplanning van chemikalieë en kunsmis baie belangrik; ‘n aspek waarmee Agrigistics se diesel en chemikalieë modules baie help. Hy vind ook dat die in- en uitklok en oes modules ‘n waardevolle toevoeging is om al die werksaamhede op die plaas te monitor. Een van die oorspronklike maniere waarop Kabous die Agrigistics 

asset tag

 gebruik is om die 

tags

 aan die reënmeters op die landerye vas te heg. Die arbeiders word dan gelaat met die taak om die reënval per landery te monitor. Kabous is ook beïndruk met die pakhuis module om voorraadbeheer te doen ter voorbereiding van ‘n GlobalG.A.P. oudit. Volgens Kabous het die Agrigistics toepassing definitief gehelp om die ‘OCD’ geneigdheid van boer-wees te laat bedaar en te sorg dat hierdie adrenalien-junkie nog genoeg vrye tyd het vir die ander groot liefdes in sy lewe soos valskermspring, paragliding, duine ry, motorfiets ry, rugby kyk of sommer net kuier saam met pêlle.

Soos sy ouer broer Gerrit is Kabous oortuig daarvan dat die sukses van hul onderneming daarin lê dat hulle as familie self die boerdery bestuur en dus ten volle verantwoordelik is vir die sukses daarvan. En soos sy broer wil hulle verseker dat elke hektaar op die plaas optimaal gebruik word voordat addisionele grond aangekoop word. Die beste manier om dit te realiseer is om data vas te vang en dan te analiseer, of soos Kabous beskryf: “Om te meet is om te weet”, en dit is hier waar die Agrigistics toepassing van onskatbare waarde is.

Toekomsblik

Die broers is opgewonde oor die sterk gemeenskap van jong boere wat saam plan maak en inligting deel; alles tot voordeel van die hele gemeenskap. Die doelwit is om die mark te versterk deur Suid Afrika se beeld as kwaliteit-uitvoerder van makadamias te verbeter en sodoende ook plaaslik die pryse van die gewas te verbeter.

Dit is duidelik dat die Bardamia broers se sukses gebasseer is op vertroue, standvastige verhoudings en ‘n werksetiek wat die waarde van die woorde: “Takers eat better, but givers sleep better” uitleef.